Wat Beteken R2.1 Miljard vir Kleinsake-Ondernemings

Published: 23 February 2018

Die kleinsakefonds van net R2,1 miljard wat deur Malusi Gigaba, Minister van Finansies, in die nasionale begroting aangekondig is, is teleurstellend in die raamwerk van die groter begroting, want tot R200 miljard – 100 keer meer – gaan aan veiligheid en sekerheid bestee word.”

Dít is van die begrotingsbesluite wat die kleinsakesektor diep raak. As die regering regtig ernstig is oor die ontwikkeling van beginnerondernemings, sal meer geld vir die fonds beskikbaar gestel moet word, óf dit gebruik as waarborg op grond waarvan die private sektor nog meer kan bydra.

Wat beteken dit vir die sakelui?

Kleinsake-ondernemings groei die SA ekonomie

Kleinsake-ondernemings is verantwoordelik vir 50-60% van die BBP-groeikoers en hulle verdien meer steun as hulle dit verder moet verhoog in ‘n poging om meer werksgeleenthede te skep.

Die impak van die brandstofheffing

Die verhoging in die  brandstofheffing sal kleinsake-ondernemings se bedryfskoste opjaag, aangesien die vervaardiging- en verspreidingskoste van hul produkte, ‘n aansienlike komponent van hul koste kan uitmaak.

1% vir BTW

Die verhoging in die BTW-koers tot 15% kan in die kleinsakebedryf ‘n deurvloeiverhoging van tot 2% in kleinhandelpryse vir verbruikers beteken, wat ‘n direkte negatiewe impak op aanvraag kan behels.

Verseker jou maatskappy se volhoubaarheid deur implementering van strategiese besigheidspraktyke.

Gesonde kontantvloei hoef nie een van die uitdagings te wees nie.  Retail Capital verskaf bedryfskapitaal aan kleinsakondermings en vorm ‘n vennootskap om hul groei en ontwikkeling te verseker.

Vir meer inligting kontak ons by 0861 17 17 17 of besoek ons webtuiste by www.retailcapital.co.za.